ek het as kind Harry Potter op die rekenaar gespeel
met Cup-a-Soup
daar was mense teen wie jy kon vashardloop in die kasteel
‘Hello, Mr. Potter’
of ‘I’m sorry, Mr. Potter’
’n genuine human connection
sonder enige internet connection
ek het hulle bevriend
en soms selfs gemis
buite kon jy tot teenaan die woud gaan
maar nooit ingaan nie
na die dood van ’n familielid in die regte wêreld
het ek weer probeer
‘I’m sorry, Mr Potter’
om te dink dat ek ’n siel in ’n masjien kon indink
maar dat ek jou soms nie raaksien nie
jy met jou trane soos liggies vanuit jou kop
’n snikkende wingardium leviosa
daar is hoop vir ons om hierdie speletjie te klop
if not, hou ons nou maar op
hier by die woud
waar al die digitale informasie stop
ons drink regte wyn
sit sommer op die tafel en vry
met die handdoeke almal in die tuimeldroër
en jou favourite fancy pakkie-sop
— Danie Reënwolf
One reply on “Harry Potter”
Dit laat ‘n glimlag op my gesig. Goeie werk.