Categories
Gedigte

“hond en ’n kerk” – Danie Reënwolf

kom ons kry ’n hond en ’n kerk
sê jy
laat ons bid vir krag om te werk
as dit reën oor ons huis in die berg
sal ek melk gaan haal
en vir ’n slag ook die koerant
omdat hulle iets oor jou geskryf het
op pad terug stuur jy ’n foto van ’n skoenlapper
wat nou net op jou hand kom sit het
ek kom lê op jou bors en huil sonder rede
daar is pille vir dit, sê jy
ek weet
maar ek vat al die pyn en al die mal
as ek jou deur hierdie oë kan sien

Leave a Reply