Categories
Gedigte

“Huis” – Xante de Klerk

Die oggend-lig blaas asem
op jou gesig se silhoeët.
Jare se gebede beantwoord 
deur ’n enkele liggaam.
Jou skrefie-oë gee my ‘n voorsmaak
van die Hemel se rooskleurigheid.
Ek is uit jou ribbekas gemaak.
Terwyl ons dans in die kombuis,
beaam ek Elvis se woorde.
Ek raak elke dag net al hoe meer
verlief, verwelkom, versadig.
Soos wat jy jou koppie Rooibos
tee neersit, loop my beker oor.
Kan jy deur die kamers 
van my hart sien?
Daar is portrette van jou
teen die muur.
Jy is huis,
Lief.

Sluit aan om die gedig te lees.

2 replies on ““Huis” – Xante de Klerk”

Leave a Reply