Categories
Gedigte

“laat my minder vat en meer gee” – Danie Reënwolf

laat my minder vat en meer gee
laat my kyk in die oë van ander
en sien dat daar ander drome is
ander planne is
laat my in my diepste jammer wees
en dieper dankbaar wees
gee my weer krag om te bou
en om van iets in almal te hou
maak my wakker

om kaalvoet te gaan rugby speel

in die dou
toe ek klein was, het ek gedink

ek sien iets langs die veld
ek het gedink ek sien vir jou

Leave a Reply