Categories
Gemeenskap

Lenie Blou

Hiermee ons music video vir Lenie Blou.

Lenie Blou was die heel eerste Spoegwolf music video. Ons het kort na ons eerste opnames by Sunset Studios besluit om vir ons eerste single ‘n video te maak in die Paarl, ons eerste tuisdorp, by die Ou Meulteater. Dit was waar ons al ons eerste shows met ons hoërskoolbands gespeel het, so dit het reg gevoel om dit in ons eerste music video as Spoegwolf vas te vang.

Op hierdie stadium was ons nog baie groen, in terme van videos maak, so ons het saam met ‘n produksiemaatskappy gewerk. Dit was ‘n vreemde ervaring en ‘n uitstekende leerskool vir dit wat nog oppad was. Hier het ons geleer hoe om songs vir mense in prentjies te wys.

Die lede van Spoegwolf het twee dae in die Ou Meul spandeer, waar ons in ‘n bad gelê het, ‘n dubbelbed opgefok het, agteruit gesing het en ‘n paar van ons ma’le se potplante verbrand het. (“Hierdie bos brand net vir jou”)

Tussen al ons ou herinneringe het on op ‘n splinternuwe pad geklim.

Leave a Reply