Categories
Gedigte

“Lente” – Albert Vuurwolf

as ek my vrees
onder beheer moet bring
sal die teëspoed breek
en die vreug wat ek begeer
weer blink en ek weet
al’t ek vergeet sal
jy die leer weer bring en ons
twee weer klim in die eerste
nuwe blare van lente

saam word ons sente rande

selfs as die gras
onder die tent verander
sal ons deur trek
met die gees-werk
ons is meer sterk
as ons stem vir ander

en as ons wense maak op mense-branders

laat ons grense raak en
lesse met die pen weer anker

ons moet prente raam in wentelbane

al die drentelmane bind met goue lint
en in die end weer saam bring

2 replies on ““Lente” – Albert Vuurwolf”

Leave a Reply