Lidmaat-Inligting

Wat is Die Rivier?

Dis ‘n aanlyn-platform waar Spoegwolf elke dag iets nuuts oplaai: Musiek, Gedigte, Stories, Podcasts en Resepte. Jy kan ook bydra. Dis ‘n rivier van kuns, liefde, kos en klank.

Jy het vir ons hierdie kans gegee om musiek te maak. Jy is nog altyd deel van ons plan om die wêreld oor te neem.

Nou kan ek (Danie), Albert, Moskou, Chris en jy saamwerk om meer stories as ooit te vertel; meer songs as ooit te sing; meer kos te maak en meer te dink. Don’t you see?

Hoe werk lidmaatskap?

Jy word ‘n lid vir R39 ‘n maand. Dan kry jy alles. Selfs Albert moes ‘n lid word, anders kan hy nie die nuwe songs hoor nie.

Jy kan enige tyd kanseleer. Dis okay. We understand break-ups.

Watter betaalmetodes is beskikbaar?

Kredietkaart of instant EFT deur PayFast.

Is my betalingbesonderhede beskerm?

Natuurlik, man. Would we lie to you?

Hoeveel kos dit en is daar enige verskuilde kostes?

Ek dog ons het dit klaar bespreek? Dis R39 ‘n maand, okay? Daar is geen verskuilde kostes nie. Niks. None.

Hoe baie vrae is daar nog oor op hierdie lys?

Kan ek die diens kanseleer?

Jy kan! If it’s not for you, it’s not for you.

Hoe gereeld is daar nuwe inhoud?

Elke dag, baby. Elke. Dag. Ons gaan seker maak jy is uitgekuns. We got you covered. Ons gaan elke dag live wees op die website, dan kan jy deelneem aan ons proses en in real-time praat met band-lede.