Categories
Gedigte

“love & lag” – Simóne Shirley

kan lag kom lig?
die leë las,
die swaar niks,
die opeengehoopte emptiness?
rookhand-gedagtes wat so sagkuns kom versmoor
woordpaadjies,
rymspeletjies,
die doolhof oor en oor.
jou duimafdruk,
wonde en patrone
op my hart neergelê.
elke “mis”, elke “amper”
so pynlik reg raakgesê.
dis alles maar niks;
opeengehoopte emptiness.
ek wag nog vir die love,
die lag,
wat maybe kom om dit te lig.

—s.s

Leave a Reply