Categories
Kos Resepte

Mushroom Risotto – Ayden Kruger

MUSHROOM RISOTTO
– (VIR CHEATERS)
Ek het soms die impuls om iets rerig ryk en warm en eenvoudig en Italiaans te eet. Iets wat mens in ‘n bakkie kan skep en voor ‘n kaggel mee kan opkrul en wat jou met ‘n warm binneste laat.
Die probleem, natuurlik, is dat ek nooit die fancy bestandele of geduld het om so iets te maak nie. Ek moes aan ‘n oplossing dink…
Wat jy nodig het:
– ‘n Ui en ‘n huisie knoffel, fyn opgesny
– Sampioene (soveel as wat jy het)
– Bulgar wheat of rys
– Veggie/chicken stock
– Coconut milk/melk/room
Braai die ui en knoffel in bietjie olie. Voeg die sampioene by. Wanneer dit net begin gaar word, gooi die bulgar wheat/rys, stock en melk van keuse by. Hoeveel van elk hang af van hoeveel vriende jy moet voer, natuurlik, maar ek werk altyd met ‘n 1:1:1 verhouding.
Stel die plaat op ‘n lae hitte en gaan doen iets anders – lees ‘n digbundel, hang die wasgoed op, bel jou ma – kom net elke nou en dan terug om bietjie te roer.
Wanneer die bulgar wheat/rys gaar is kan jy dit net so voorsit – niks meer is nodig nie (behalwe dalk bietjie wyn en ‘n kaggel, maar dis altyd die geval).

Leave a Reply