Ek het dit probeer keer
emosieloos en uitegiet
niks anders het my rede gegee
behalwe rede genoeg vir ’n nuwe begin
ek picture ’n check kombers onder ’n boom soos daardie in Stellenbosch
op ons nate kerf ons die perske wolke soos óns wil
ek sien ’n koets
jy sien my
gekrulde rooi hare en indents op my lae rug
streel die groewe oor my hand en voel net weer die lewe daarin klop
lief, verander net jou perspektief
ry op die deuntjie se mate
sit nog eenkeer aan die plate
en knie die deeg
ek wil
ek kan net nie meer.
vergewe my
ek belowe, my hart wil
dit kom voor
dis nie God se wil.