ons het ’n droom nodig, my liefste
om deur dit als te kom
kleure van ons huis; bome in ons tuin
’n bronsplaat van ’n vriendelike son
ons het name nodig, en ’n plek wat ons wil sien
dinge wat ons vir God gaan vra (maar ek hou daarvan dat nie een van ons aan iets kan dink wat ons nóú moet verstaan nie)
ons het ’n song nodig, een waarop jy af kan stap
en ’n plan nodig om die laaste toothpaste uit die buisie te krap
ons het nie ’n roete nodig nie, maar ek wil weet of jy die afdraaie saam met my wil vat
as ons al die high-life ruil om voor ’n platespeler aan die slaap te raak in die kolletjie somer, dààr op die mat