Categories
Gedigte

Paasfees 2020

Paasvrydag was ’n lui dag, of hoe, lief?
ons het winkel toe gegaan
en toe verby al die mooi huise gery
ek was naby aan huil, want by die bakgoed-rak het ek gehoor hoe iemand die musiek harder sit
net so voor
Thina,
Lusapho lwayo

Donderdagaand het ons skip se kaptein gesê ons moet  ’n groter troebeltyd ingaan

en in die winkel het ’n klomp mense, dronk van verdriet, geneurie
Waar die kranse antwoord gee
Sounds the call to come together,
And united we shall stand,

Toe ons by die huis kom het ek geskeer en my mooiste hemp aangetrek
en jy het vir my mooier gelyk as gister of die dag voor dit

ons het in die tuin gaan sit en mekaar belowe
dat ons eendag met ons gesin
sal praat oor Goeie Vrydag
en goeie mense
en goeie dade

en laat ons punchline wees;
dat almal en alles heen moet gaan
maar, hey, my lief
Hy het opgestaan

— Danie Reënwolf

4 replies on “Paasfees 2020”

Leave a Reply