Categories
Gedigte

“Reinig my siel” – Marisa de Kock

Reinig my siel
Vat my verlede en hang dit oop
Vervang die mure om my hart met struike
Sit my insecurities op die stoep
Laat die sonstrale van my menswees weer deur skyn
Laat my blom in die skemer
En as die aand kom
Sal my liefde in die melkweg flikker
En jy hier by my
Wanneer dagbreek weer in ons huis kom bly

—Marisa de Kock 

(Jy kan meer van haar werk sien op Instagram by @marisadekock @dagdromer5.)

Leave a Reply