Categories
Gedigte

“Reis” -Monique ‘Mossie’ Gerrits


die wolwe hou my geselskap deur die karoo
ons was gewees
wil-wil by my spook 
aai-aai
Fran herinner my 
waarheen ek oppad is 
verlangs
verlanger
na jou 
aai-aai
Daan se woorde laat trane op my mou
hey daar
ek wonder nog soms
was ek iets vir jou?
aai-aai
jou bagasie was gelaai 
jy het in die truspieël gewaai
die suburbs bly in my dagdrome
ek raak soms nog bietjie verlore
die witborskraai
my lief 
jy weet 
niks is verniet
wat kan die
tuimeldroër liefde 
ons nog bied?
hiervandaan na Mosselbaai…
ek smous met hierdie woorde 
om jou hart te wen 
dink jy nog my gedigte 
is vir meer bestem?
jy maak jou oë toe
mynhope 
verruil vir skepe
oor vier jaar 
is ek vir jou vergete

Leave a Reply