Categories
Gedigte

“Lugmoer” -Vian Ferreira

Die son gooi ’n lugmoer
vanoggend vroeg,
wat skaam blare soen


Die wolke bloos en wonder
of God hom pakslae gaan gee


Miskien is sy fout te mooi om te straf


Sal God ons foute kan inkleur met donker oranje kontoere
en ander laat glimlag?

One reply on ““Lugmoer” -Vian Ferreira”

Leave a Reply