Categories
Kos Resepte

Piesangbrood – Ayden Kruger

Processed with VSCO with preset

PIESANGBROOD

  • VIR NOODGEVALLE

Ek glo vas dis onmoontlik om piesangbrood te eet en ongelukkig te wees op dieselfde tyd, so dis noodsaaklik om ‘n resep byderhand te hê wat vinnig en maklik is. Ek het ‘n piesangbrood resep aangepas sodat ek die bestandele wat ons altyd in ons woonstel het (oats en jogurt) kan inkorporeer.

Hierdie resep is net ‘n basis (‘n wonderlike een, bygesê), jy kan byvoeg watokal jy wil – gerasperde wortels, kaneel, chocolate chips, rosyntjies, opgekapte neute (pap is dik) – go for it, maak dit jou eie.

Wat jy nodig het:

  • Halwe koppie botter
  • Halwe koppie suiker
  • Drie eiers
  • 2 koppies oats
  • 1 teelepel baksoda
  • ½ teelepel sout 
  • ½ koppie jogurt
  • 3 piesangs

Klop die botter en suiker saam. Voeg die eiers by en meng goed. 

Gooi die oats in ‘n blender en maal dit totdat dit ‘n meel vorm. Voeg dit by die eiermengsel, tesame met die baksoda en sout. 

Druk die piesangs fyn met ‘n vurk en vou dit tesame met die piesang in die beslag in. 

Gooi in ‘n pannetjie en los dit in die oond teen 180°C vir ‘n uur. 

Die beste deel van piesangbrood bak is die ongelooflike geur wat jou hele woonstelletjie vul – geniet dit, asem dit diep in. Sny lekker dik snye vir elkeen van jou geliefdes en bedien dit met sterk koffie. 

Wanneerokal ek vir enigiemand vir enigiets wil bedank, bless ek hulle met so ‘n broodjie – dit werk altyd. 

Sluit aan om die resep te lees.

Leave a Reply