Categories
Gedigte

“Sonstraal II” – Adriaan Koekemoer

Sonstraal II – 
Eenhonderd mense
Met eenhonderd dae
Elkeen sal sy dag kry
Solank die son aanhou brand
En jy staan agter elkeen 
Maak seker hy kry sy straal
Jou traan op my wang
My hand op jou rug
Troos my met die liefde
Genees my met jou straal 
Jammer vir daai tyd 
Jy’t gewag dat ek jou kom haal 
Ek’t gewaai met die wind
Maar jou son het my kom haal 
Jy’s die een met die besem
Wat my herfs op vee
Reën in die dag
Waai my deur die dag 
Sonstraal teen my muur 
Die kamer verlang na jou 
My stories wil nie groei nie 
En my drome raak nou min
Die wasbak raas 
Die kêtel kook 
Sonstraal teen my muur 
Jou oë gaan oop
Jou glimlag helder
Vars in my gemoed 
Ons twee is weg 
Een opsoek na die ander
En jare later uit verse van die hemel 
Verdwyn my winter 
Portret van my sonstraal 
Opgehang teen die kamer muur
Afgesonder van almal
Lewe ’n geheim 
Ken net die vroeg oggend son
Daar waar die strale die berg omvou
En soos hy sak hy my lig saam met hom vat
Jou patrone op my vingers 
Die leemte in my woorde
Die stroom maak my rustig 
Die wind waai my weg
Op die heuwels hoor my God
Vlam in my kop
Lig op my pad 
Maar my son sal weer skyn
Oog op die horison 
Volg my tot hier en nie verder nie
Hier sal ons bly
Hier waar die son opkom
Hier waar die son nooit sak nie

Sonstraal teen my muur


—- Adriaan Koekemoer

Leave a Reply