Categories
Gedigte

“Spoke op my Kombuiskas” – MaanMeisie

Jy is vir my
soos die maan agter geslote ruite;
net-net buite my bereik.
jy is die reuk van rooiwyn
en die melodie van ’n warrelwind
wat saggies,
soos spoke,
verby verlore huise se hoeke sing.
jy is donker geheime
en monsters wat wegkruip
onder my bed.
en,
elke oggend as ek opstaan
wens ek,
hoop ek,
dat ek net nog een keer
jou spoke
op my kombuiskas
sal sien
koffie drink.

Leave a Reply