Categories
Gedigte

“Wees daar, wees waar” – Antolique Heunis

Die gevoel, was dit dan vir jou bedoel
Of was dit verlangs net ’n gevoel?
Hou dit my gevangenis in my kop
Laat dit die wêreld om jou stop
Al is dit net vir ’n splitsekonde.

Lek ek my wonde en hoop vir ’n tweede kans
Sodat ek weer balans kan vind in die warrelwind gevoel.

Sit stil, sodat die pyn van jou kan afspoel
En laat dit in ’n poel van groen versamel.

Haal asem.
Kom nader en voel wat ek bedoel
Want die gevoel is vir jou bedoel
En verlangs hoop ek dis ’n gemene gevoel.

Leave a Reply